Die Tuinroete

Die Tuinroete - wat meer as 60 km se strande bied -Met minstens 300 dae sonskyn per jaar

'n Skrale 400km van Kaapstad en Port Elizabeth, is Pinnacle Point Estate amper in die middel van alles wat die Tuinroete bied. George Lughawe is slegs 25 minute se ry weg, en verseker ‘n ononderbroke reiservaring. U kan binne 30 minute u huurmotor teruggee, bagasie ingee, deur sekuriteit gaan en in die vertreksaal wees. 'n 45 minute vlug na Kaapstad en 1,5 uur na Johannesburg maak hierdie lughawe uiters gerieflik.

Die Tuinroete - wat meer as 60 km se strande bied - is 'n gewilde vakansiebestemming in die somer en bied rustige verblyf in die wintermaande. Albei seisoene is ewe mooi en aantreklik weens die grootliks Mediterreense klimaat van die Tuinroete. Met minstens 300 dae sonskyn per jaar en geleë tussen die Outeniquaberge en die Indiese Oseaan, is die bekende Tuinroete 'n paradys vir eko-liefhebbers en dus op baie toeriste se reisplanne.

Mosselbaai is in 2017 as Dorp van die Jaar verkies as dié mooiste Suid-Afrikaanse munisipaliteit. Dit is presies halfpad tussen die Moederstad Kaapstad en Port Elizabeth. Dit is dus jou ideale vakansiebestemming vir 'n wonderlike en ontspannende Tuinroete-ervaring. Vir die meer sportiewe besoeker word daar verskeie buitemuurse aktiwiteite aangebied in die omgewing.

Of dit nou gholfspelers of nie-gholfspelers is,  geniet 'n ontspannende vertoef in ons opgeknapte Lodge 3, spandeer 'n wonderlike tyd by Pinnacle Point Landgoed en van hier af begin onvergeetlike reise langs die pragtige Tuinroete!



 
 
The BlueHouse
Pinnacle Point Beach & Golf Resort
Eastwood Drive 75, 6500 Mossel Bay
South Africa
 
© 2024 • All rights reserved • webpage by